BLOUBERGSTRAND AKKOMMODASIE

5 SELFSORG WOONSTELLE IN BLOUBERGSTRAND KAAPSTAD

Bloubergstrand vakansie woonstelle (self catering) beskikbaar - met pryse wat wissel van R900 -R1000 buite seisoen en R1200 - R1500 per dag binne seisoen. Eenhede slaap 3 en 4 gaste en het almal 'n see uitsig.  Al die woonstelle is op die Blouberg My Citi bus roetes.

102 Beachboulevard - een slaapkamer woonstel, met bankbed in leefarea, die perfekte ligging, seekant selfsorg vakansie woonstel met 'n uitsig oor die see, strand, Tafelberg en Robbeneiland vanaf die balkon. Parkering in kompleks vir een motor en hysbak beskikbaar. Woonstel slaap drie - oop-plan leefarea met skuifdeur na balkon. TV met satellite pakket. Swembad beskikbaar.

104 Coral Island - hierdie moderne twee slaapkamer vakansie woonstel het 'n seekant balkon en is net 'n paar minute vanaf Blouberg se lewendige strand en soos die ander slegs 20 minute vanaf Kaapstad se sakekern af. Woonstel het twee slaapkamers met ten volle toegeruste kombuis. Een onderdak parkeerplek en een parkeerplek in kompleks.

105 Horizon Bay asook 1003 Horizon Bay - nuut toegeruste twee slaapkamer woonstelle wat in elke kuiergas se smaak sal val.  Lieflike see en berg uitsig vanuit albei en binne loop afstand van restaurante die strand en allerlei bedrywighede te Bloubergstrand. 24 uur per dag sekuriteit met veilige parkering. Twee slaapkamers en twee badkamers. Ruim oop-plan leefarea met toegeruste kombuis. Swembad beskikbaar met uitsig oor Tafelberg vanaf swembad dek.

G1 Infinity - nuut toegeruste twee slaapkamerwoonstel te Bloubergstrand beskikbaar - wonderlike see vakansie woonstel te Coral Drive  met 'n binnenshuise- asook buite swembad, muurbalbaan en gimnasium.  See uitsig op sy beste. 24 Uur sekuriteit aan diens. Twee slaapkamers een met dubbelbed en ander met stapelbed.

Puik  Kaapstad vakansie woonstelle met Rene as jul vriendelike gasvrou.